Archive | November 2013

Liefdesverhale in Afrikaans

Die tyd van die kontemporêre Afrikaanse liefdesverhaal het gekom.

Die liefdesverhale van vandag verskil van die van die vorige eras in die sin dat ons die Suid-Afrikaanse konteks bygewerk het om die lewe te weerspieël soos dit vandag daar uitsien. Vandag se Afrikaanse Suid-Afrikaners leef in Afrikaans: bid, sing, huil, dig, filosofeer, vier fees, vermaak, produseer, bemin en vry dat die biesies ruk in heerlike bevrydende Afrikaans.

Kom geniet dit saam met my. Dis vir my net so lekker om in my taal te skryf as wat dit vir die ware liefhebber van Afrikaans is om dit te lees.

My skryfsels is nie literêre werke nie. Dis vir mense wat hou van ‘n goeie, vermaaklike storie met iets om die lyf. Kom lag saam, kom huil saam, kom beleef saam. Kom stap saam met my deur ons lieflike veld, kom kuier op die plaas, kom swem in ons riviere, kom lees saam gedigte, kom luister saam musiek.

Kom saam met my.

Rachelle du Bois

Advertisements