Die opwinding van ‘n nuwe boek

Gister het ek die gedrukte weergawe van my tweede boek, Die Lied van Lorelei, ontvang en as ek die gevoel moet beskryf toe ek die pragtige boek in my hande hou, kan ek net sê dit was verwondering en intense vreugde. Nie net die vreugde om te weet dis my skepping en my breinkind nie, maar ook verwondering dat ek dit reggekry het om my twee boeke self te publiseer en met behulp van ‘n paar wonderlike mense te versprei. Dis regtig soos ‘n droom wat waar geword het en ek is so dankbaar vir die  voorreg om te kan skryf, maar nie net om te kan skryf nie, maar ook vir my opvoeding wat dit moontlik gemaak het om te lees, om gedagtes en emosies om te sit in woorde. En bo alles, om dit met julle te kan deel.

Dankie vir al die aanmoediging, die komplimente, die ondersteuning van oral oor die wêreld. Ek het tot  besoekers uit Indië, België en Amerika  gehad! Ek wens ek het geweet wie dit is. Laat hoor van julle daar ver, asseblief?

My derde boek is gereed vir die redakteur se fyn oog en vir die proses van omslagontwerp,  uitlê vir die drukwerk, ens. Dit neem ongeveer twee maande voor die boek terug in my hande beland. Dis ‘n duur en tydsame proses, maar heerlik bevrydend want ek het so baie geleer.

Kom wandel rustig met my deur die natuur, en luister na die musiek van die woord en die klank. Sit mooi musiek op, skop jou skoene uit, krul jou op op die rusbank en geniet hierdie heerlike boek. Daar is reeds ‘n e-weergawe hiervan op Kindle Books SA E-Reads beskikbaar en dit sal ook binne 24 tot 48 uur op Kalahari.com beskikbaar wees.

Ek hoop om die boek self op Kalahari te sien binne die volgende twee weke.

Sal julle op hoogte hou van die nuutste verwikkelinge.

Geniet dit.

Advertisements

6 thoughts on “Die opwinding van ‘n nuwe boek

  1. I just like the valuable information you supply for
    your articles. I will bookmark your blog and take a look at again here regularly.
    I am reasonably sure I’ll be told many new stuff
    proper right here! Best of luck for the next!

    Like

  2. I like the helpful info you provide in your articles. I’ll
    bookmark your weblog and check again here regularly. I’m quite certain I’ll learn a lot of new stuff right here!
    Good luck for the next!

    Like

  3. My sussie. Eks so trots op jou. Jy het die dersettingsvermoe wat almal so graag wil he. Wie het nou kon raai dat jy so n boek skrywer kon word..vasgevang in jou eie fantasie wereld vol romanse en intriges. Na al die jare… genoegdoening in skepping. Al ons mensies se soeke hierna…eers met ywer , dan mettertyd telerstelling ..en dan sukses..gegroei in menswees. Rustig. Hoe drome deur skryf werlik word…so bly en trots op jou…jou yster

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s