Die ver verlange

10245348_1442525095986797_8433064582169431875_n[1]

Verlange ken geen grense nie – dit strek verby tyd en ruimte. Dit roep uit en luister in die stilte na ‘n antwoord, iets of iemand wat sal sê: “Hier is ek.”

Hoe skrynend seer is die verlange na mens se plek, na jou land en jou mense. Na die reuk van die grond, die blousel lug, die reuk van groen wat jy net hier sal vind, die helder, oop dae van die herfs.

Die voëls herken jou as jy hier is, want hulle het gewag vir jou, en toe jy weg is, het hulle jou hart gaan haal en dit veilig hier in die blou ruimte kom bêre.

Nêrens anders ruik die ryk rooi grond wat in sooie agter die ploeg gaan lê en die geur van nat grond na die reën soos hier nie. Nêrens kan jy die roep van die bos en die veld so hoor soos hier nie. Nêrens anders fluister die raasblaar jou naam so soet en blom die flambojantboom so wulps soos hier nie. Kom staan in die soel skemerte en vertel vir my of daar êrens anders sulke verloklike pers trosse kan geur soos die van ons geheimsinnige wisteria.

Kom, ek sal dit vir jou stuur daar ver. Maak toe jou oë en sien die skoonheid van ons windvalk se vlug, hoe die watertrapper statig oor die blare in die vleiland gaan; druk jou ore toe en luister na die roep van die vleiloerie en van die breëkoparend, proe die heuninglug, voel die sagte briese van die see en die bos, en ruik die geur van die soetdoringboom wat swart in die reën bly wag.

Kom draf saam met my in die voetpaaadjie in die veld. Moenie huil nie. Dis alles by jou.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s