Hartspraak

Old Bookscanstockphoto10993883

HARTSPRAAK

 ʼn Digbundel word ʼn vriend, ʼn nabye vriend en sluit die deur na verwondering vir jou oop. ’n Mens kan telkens terugkeer daarna en gaan nooit teleurgesteld of leeg weg nie. Ek wil vandag hierdie mooi gedigte deel, omdat dit met die hart praat. 

EK HET DIE WIND OPGESTEEK

Ek het die wind opgesteek

om vir jou ’n boom te bring

nie ’n sierboom nie

nie ’n neuteboom

nie geen tuinboom

of ’n parkboom

of ’n laanboom

nie nooit ’n huilboom nie

my boom is ’n weerboom

wat opkom oor jou oopmaak van ’n deur

oor jou groet onder duisend melkweë

my boom het die vermoë

om skielik in die nag

bloeisels op jou dak te laat reën

Pirrow Bekker

 

WINTERTROOS

en as dit weer somer is

sal ons gedurende die langbeen aande

buite onder die priële gaan wandel

om vir mekaar te wuif

 

en as dit donker word

met lanterns soos draakoë in ons hande

op die getande dakke klouter om

na die grommende maan te kyk

 

en ons sal skrylings

op die nokke die lewensgeheime

fluisterend sit en uitpluis

soos gebaarmakende sjinese wysgere

(Verknies jou nie oor die winterreën nie)

Breyten Breytenbach

 

GEBEURTENIS

Jy het met my gebeur

en ek voel gebeurlik ʼn winterdag

stomgrys in sy serp en jas

gehangskouer

en dan die gestraalde

ligkatedraal wydsbeen oor

die rante

 

Jy het met my gebeur

en ek voel gebeurlik ʼn windswael

meteens deur ʼn ligstroom omhoog gepluk

en oor die bergrant daar

van kant tot wal lê die somer

se vallei

 

Jy het met my gebeur

en ek voel

Louis Esterhuizen

 

DIE STIL MIGRASIE

Soms is jy ʼn sneeugans

in jou rok van wit kapok

met buik en bors ʼn sagte skans,

styg jy uit my winterhart op

Om, ver bo die riete

tot spikkel te wentel teen die grou

en my hulpelose hande moet teen my ore

bly

om so jou kreet se eggo’s binne my te hou.

So nooi my om teen jou aan te lê

vergewe as ek nee moet sê

omdat – getrou aan my natuur

van vlees en voel en gees en vuur –

ek soveel dieper in jou, knus,

uit ʼn geboorte teen jou skoot wil rus.

Jannie Malan

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s