Om voor te begin en oor te begin – Lelani

canstock1222490[1]

Ek is so opgewonde, want my boek LELANI  is aanvaar vir publikasie. Een van die dae is die e-boek te koop by boekwinkels hier in Suid-Afrika. Ongelukkig sal die omslag verander en sal ‘n ander omslag ontwerp word vir hierdie mooi verhaal.

Lelanie is ‘n diep en seer boek. Die storie delf diep onder die oppervlak na dit wat in mense se lewens gebeur en waaroor hulle nie praat nie, soos Lelani se pa wat ontaard in ‘n dronklap en geweldenaar na haar ma se dood. Maar sy en haar boeta, Chris,  maak ‘n keuse: hulle besluit om ‘n nuwe begin te maak na ‘n diep ontstellende gebeurtenis waar sy doen wat sy gehoop het nooit nodig sou wees nie. Sy beskerm haarself teen haar pa op die enigste manier wat sy ken en dit vernietig haar amper.

Lelani voel teen haar sin aangetrokke tot Leon Postma en bied hewig weerstand teen haar groeiende liefde vir hierdie stil, sterk man, want sy vertrou geen man behalwe haar broer Chris nie.  Sy en Chris begin om die bouvallige kliphuis langs die spruit op te knap en leefbaar te maak. Leon bou vir haar ‘n brug na hom toe oor die spruit tussen hul eie en sy grond, en sy moet kies of sy gaan luister na haar hart, en of sy gaan bly glo dat mans nie te vertrou is nie. Hoekom voel dit dan vir haar asof haar asem saam met hom wegloop toe hy oor die brug verdwyn na sy hom met haar skerp tong bygekom het?

Hy stel vir haar ‘n ultimatum en sy moet kies.

Sy en Chris word weer stadig mens, en hulle vind uit dat die liefde en goedheid alles oorwin; selfs die intense wantroue en die pyn van verwerping. Die vermoë om te buig maar nooit te breek nie; die keuse om te bly staan ten spyte van hul omstandighede is ‘n wilsbesluit. Hulle sal regop staan en reguit kyk sonder verskoning vir wie hulle is of waar hulle vandaan kom.

Die kommentaar van die redigeerder was die volgende:

“’n Passievolle verhaal wat mooi uitgebeeld word deur die skrywer. Die taalgebruik in die boek is goed, met interessante  verwysings na bekende digters se werke, wat baie goed by die storie inpas. Die verskeie karakters in die boek word geloofwaardig uitgebeeld. Dit is ‘n lekker lees verhaal, wat die leser se aandag sal hou tot die einde. Dit is ‘n liefdesnovelle wat baie goed in die genre slaag.”

 

Advertisements

2 thoughts on “Om voor te begin en oor te begin – Lelani

    • Hallo, Hester, baie dankie vir jou belangstelling. Lelani sal hopelik voor die einde van November beskikbaar wees by die boekwinkels as ‘n e-boek. Ek sal die skakels plaas sodra dit beskikbaar is, dan kan jy gerus gaan loer.

      Daar is egter van die ander boeke reeds beskikbaar. Gaan kyk gerus op die Boeke en e-boekeblad en klik op die skakels by elke boek vir meer inligting.

      Vriendelike groete

      Rachelle

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s