Archive | December 2014

Die vreugde van my taal

images[8]

as jou tong so glad

oor die woorde glip

soos water onder wilgers

oor die klippe wip

 

fladder vinnig soos ʼn vlinder

op ʼn haastige vlug

tussen blomme en bye

teen die blou-blou lug

 

so is jou blik

soos die koringblom

En draai my gedagtes

om en om

 

oor jou sagte stem

soos die suising

van die wind

waai die weelde van jou woorde

waar die hart weerklink

 

en die heuningwoorde houers

word vir later waar die water

onder wilgers oor die klippe wip

 RdB

 

 

 

 

 

 

Die grootste geskenk kom van jou af – jy hou die sleutel

Old Bookscanstockphoto10993883

Die grootste deel van die vreugde daarvan om ‘n boek te skryf, is om te weet iemand lees dit en hou daarvan. Ek weet daar is baie van julle wat my boeke gekoop het, en daarvoor sê ek baie dankie. Maar ek wil so graag weet of jy die boek geniet het. Ek kan net beter skryf as ek weet ek is op die regte pad en daar kan jy my help, want ek leer van jou. Hou jy van wat ek skryf?  Waaroor ek skryf? Hoe ek skryf? Sal jy weer een van my boeke koop? Laat my weet deur my boek ‘n ster (of twee, drie, vier) te gee by die boekwinkel waar jy hom afgelaai het? Een ster is ook reg, want dan weet ek ek moet my regruk! Of teken in by hierdie webwerf en vertel my wat jy van ‘n boek gedink het?

Ek kan net die volgende treë vorentoe gee as jy my help op my pad. Asseblief, ken sterre toe of gesels met my op Twitter, Facebook, of hierdie blad. Al my e-boeke is nou by Goodreads, Amazon.com, myAfrikaans, eReads, Leisure Books, Leserskring, Kalahari.com, Exclusive books, en Kwarts.com se webwerwe te sien. As jy een daar gekoop het, ken daar sterre toe.

Baie dankie vir jou hulp. Ek het jou nodig om te groei. Jy hou die sleutel tot my sukses.

Praat met my by:

racsmo2011@gmail.com

@racsmo2011 op Twitter

https://www.facebook.com/

Die vreugde van 2014: ek het probeer

images[8]

Hierdie jaar was ʼn besonder bedrywige, maar baie suksesvolle jaar vir my. In alle opsigte is daar voldoen aan elke behoefte. Elke versugting en begeerte wat ek uitgespreek het, elke wens is vervul.

Ek kan dit maar net toeskryf aan die feit dat ek doen waarvoor ek hier is. Dit wat ek veronderstel is om te doen, is om te skryf. Dit is my lewensdoel en waarvoor ek bestem is.

Ek het eers werklik begin leef toe ek hierdie waarheid begryp. Want hierdie besef het gekom saam met die wete dat ek eers regtig lééf as ek besig is om te skryf. Dis al wat ek wou doen, en as ek daarmee besig is, bestaan niks anders vir my nie. Die storie vloei uit my uit soos ʼn rivier en dis met verwondering dat ek nou net voor Kersfees terugsit en besef ek het hierdie jaar 10 boeke gepubliseer – agt het ek self uitgegee, en twee is deur Kwarts Uitgewers op die groot boekwinkels se webwerwe versprei.

Voldoen al my stories aan die groot geeste se vereistes? Nee, by verre nie, maar ek moes iewers begin, en vandag het ek meer geleer en gelees as wat ek ooit gedink het ek sal doen. Maar ek wou, en ek het.

Dis heerlik, dis wonderlik en ek loop op lig!

My doel is om deur my skryfwerk en my boeke inspirasie, wysheid en vreugde te bring. Om die lag in die dag te sit, om die mooi uit te wys, om elke oomblik se romanse bewustelik aan te gryp. Want die lewe is vol van romanse – dis nie net in die lyflike nie, maar ook in die hart. Waar daar liefde is, is daar lewe, is daar romanse.

Gaan doen wat jou hart vir jou sê om te doen. Wat is jou begeerte? Wat is die een ding wat jy bo alles begeer om te doen? Moenie sê: “ek kan nie, want…” Vergeet van ek kan nie. Vra liewer: “hoe kan ek dit doen?” Begin dan met die einddoel. Waarheen mik jy? Skryf dit neer en staan terug. Begin dan jou pad beplan met die eerste treë, dan die volgende, en die volgende wat jy moet gee om daar te kom.

Word soos water – vloei om die hindernisse op jou pad. Vind ʼn weg bo-oor of daarom, maar moet nooit fokus verloor nie. Jy sal dalk ʼn ander roete volg, maar jou einddoel bly dieselfde. Word stil en wag vir wysheid en inspirasie. Gaan sit stil, maak jou oë toe en vra: hoe moet ek hier maak? Jy sal verbaas wees oor die antwoord wat spontaan vir jou gegee word. Treë vir treë sal jou pad vir jou oop gaan – mits jy doen wat jou hart vir jou sê. Dit gebeur as jy jou lewensdoel vervul.

Doen dit. Die keuse is joune. Die vrugte daarvan is meer as waarvan jy ooit kon droom.

 

Heel nuut: Inge

Inge Kindle Cover f47e8290-c806-45cf-ac43-6f9e7b6ad723[1]

My sewende boek, Inge (‘n liefdesroman), is nou beskikbaar. Ek het hierdie boek lank teruggehou, maar het tog besluit om haar nou te laat gaan. Dis ‘n pragtige liefdesroman oor twee mense wat saamgegooi word in omstandighede wat hulle nie begryp nie. Inge Bergh vind op ʼn dag ʼn ander teenwoordigheid by haar spesiale wegsteekhoekie in die tuin. Dis haar fontein en haar plek waarheen sy kom om te droom, te lees en die stilte op te soek. Sy deel dit met niemand nie. Wat kom soek die vreemd teruggektrokke André Grobler dan skielik hier in haar heiligdom? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Die antwoord op hierdie vraag word vir hulle duidelik toe die stem van die stilte eindelik harder spreek as hul teenkanting teen mekaar. Eers toe hulle besef dat die antwoord waarvoor André in die stilte soek, reeds daar is, kom ook die besef dat die stem van die liefde die sagter een is, maar aanhoudend en smekend roep tot die hart die fluistering in die stilte herken. Die liefde laat hom nie aanjaag nie, en laat hom nie uitsluit nie, al druk jy jou ore toe en al sluit jy jou oë daarteen.

Hierdie mooi boek is nou by Amazon.com beskikbaar by die volgende skakel:

http://www.amazon.com/s/ref=nb_sb_noss?url=search-alias%3Dstripbooks&field-keywords=Rachelle+du+Bois+Inge&rh=n%3A283155%2Ck%3ARachelle+du+Bois+Inge

Lelani – nou beskikbaar

Lelani Kwarts Cover

Uiteindelik is LELANI nou as e-boek by boekwinkels beskikbaar. Uitgegee deur Kwarts Publishers. Klik net op die die skakels onder.

 

Nuut op die rak: Die Oak reeks

Ek is bly om hierdie twee nuwe boeke van my bekend te stel. Dis die eerste twee in die OAK reeks en ek het dit in Engels geskryf om ‘n groter mark te bereik. Lees gerus hier onder om meer te wete te kom. Beide boeke is by Amazon.com beskikbaar en sal ‘n gawe geskenk wees vir iemand wat lief is vir lees.

EVE VERMONT – Book 1 in OAK series (Prequel to OAK SEED)

Eve Cover Kindle 9b1ddcfc-f344-4353-8d84-257ebd93b76c[1]

http://www.amazon.com/dp/B00QAGQ746

Eve Vermont is on the brink of the abyss when her life falls apart. Adam Blythe’s love will keep her from drowning when tragedy threatens to destroy her. But will she accept his love and support? The choice is hers to make.

Eve learnt that goodness and kindness are inherent in the noble spirit. That giving and receiving cannot exist one without the other. She learnt that acceptance, forgiveness and love can restore and heal any wound dealt by life along the way.

She learnt that without love, she is an empty vessel, and that destiny takes a hand, but does not control her choices. That she is free to choose and shape her life, no matter what destiny throws at her.

The choice lies within.

OAK SEED – BOOK 2 in OAK Series (SEQUEL TO EVE VERMONT)

Oak Seed Cover Kindle 6138edc-335b-4528-9539-4258e778774f[1]

http://www.amazon.com/dp/B00QAT31WY

OAK SEED

Alicia knew that something fundamental had shifted the moment when she looked into Martin’s beautiful eyes. She was helplessly, irresistibly drawn to him as he was to her, and try as she might, she could not shake off the feeling that she knew him, recognized him. But she has never seen him before, never…. He called to her as surely as a flower called the rain. Martin had no choice but to take his mother’s advice: Your heart has found her, so don’t let your mind get in the way, Martin. She is meant for you and destiny will bring her to you again and again. Wait for those moments, and make the most of them. Providence brings those together who belong together, and do what you will, you cannot escape your destiny. Anything before this was only passing of time, and anything after this will be chasing the wind and without substance….