as jou tong so glad
oor die woorde glip
soos water onder wilgers
oor die klippe wip
fladder vinnig soos ʼn vlinder
op ʼn haastige vlug
tussen blomme en bye
teen die blou-blou lug
so is jou blik
soos die koringblom
En draai my gedagtes
om en om
oor jou sagte stem
soos die suising
van die wind
waai die weelde van jou woorde
waar die hart weerklink
en die heuningwoorde houers
word vir later waar die water
onder wilgers oor die klippe wip
RdB