Archive | June 2016

Nuut op die rak: Romance Collection

RomanceCollection

Ek het drie van my Engelse liefdesverhale saamgevat in een versameling, en jy kan Destined to Love, The Road to Eden en Oak Seed nou sommer saam in jou hand hou en gemaklik spring van een na die ander.

Gaan kyk gerus by:

https://www.amazon.com/Romance-Collection-Rachelle-Bois-Destined-ebook/dp/B01H0RMVCK/

Advertisements

Die vreugde van sukses

Omnibus 2.jpg        Omnibus 1

Ek het die afgelope tyd gewerk aan twee klein versamelings van my vroegste boeke en dit saamgevoeg in Omnibus 1 en 2. Elkeen bevat drie boeke en ek kon tot my groot vreugde en genoegdoening self die inhoudsopgawe by elkeen inwerk.

Dit was nie net lekker om te sien hoe die boeke skaars op die winkelrak geland het voor dit opgeraap is nie. Ook die suksesvolle samestelling van die twee bundels, saam met die gemak van klik op ‘n boek se naam of hoofstuk  wat jou reguit soontoe neem, was vir my opwindend en baie bevredigend.

Ek het iets nuuts geleer en ek het dit self gedoen.

Natuurlik moes my ander werk eers wag tot ek hierdie belangrike projek voltooi het, maar die tyd wat ek opgeoffer het om die leser se gemaklike beweging binne elke versameling te verseker, het daarvoor vergoed.

Ek beplan om elkeen van my  bestaande boeke so met ‘n inhoudsopgawe met skakels toe te rus net soos dit in al die ander Kindle boeke gedoen is. Ek hoop om ook die gedeelte  agter in die boek waar die leser sterre toeken in te sluit, maar dis ‘n avontuur vir later.

Ek is so bly dat julle my boeke koop en lees. Ek sien dit aan die grafiek wat vir ons skrywers beskikbaar gemaak word deur Amazon.com. Ek is dankbaar vir elke paar oë en elke hart wat saam met my die vreugde van ‘n boek ervaar.

Geniet die boeke en gaan loer gerus hier in:

OMNIBUS 1

https://www.amazon.com/OMNIBUS/dp/B01GQLU3YO/

OMNIBUS 2

https://www.amazon.com/OMNIBUS/dp/B01GSMOA40/