Om in te val of nie

imagesuuza4tr0

Ek verwonder my telkens aan die diversiteit van die mens – onder andere die groepdiere en die alleenlopers.

Die groepdiere soek die sosiale lewe aktief op en floreer daarin. Sonder ander mense voel hulle verlore. Hulle jaag konstante aktiwiteit en opwinding na, want sonder dit is die lewe vaal en vervelig, en verval hulle sommer maklik in diep donkerte. Hulle het ander mense nodig om hul energie te voed en aan die gang te hou. Nie almal soek dit op dieselfde wyse op nie. Daar is dié wat helder ligte, roem en aanvaarding najaag. Daar is dié wat desperaat verlang na toelating tot ʼn sekere groep. Daar is dié wat na die erkenning smag van die voorstes in ʼn spesifieke gemeenskap. Daar is dié wat uit bewondering vir ʼn leier blindelings volg sonder om te bevraagteken.

Die gevaar hier is dat jy nooit jou eie krag leer ken nie, nooit sal weet waartoe jy regtig in staat is nie. Jy kan jou eie waarde eers raaksien wanneer jy alleen is. Wanneer jy onder die naghemel staan en self skitter soos ʼn ster. Wanneer jy geen behoefte meer het aan die gedrang en gewoel van die daaglikse lewe nie, en wanneer jy die rustigheid opsoek en vervulling vind in die stilte. Daar waar jou gees ongebonde en vry opstyg, en jy inspirasie vind in die klein dingetjies. Jy het nie meer die groot gedoe om jou, of oor jou, nodig nie. Jy is wie jy is en het niemand nodig om dit vir jou te sê nie. Jy vind meteens meer waarde in die natuur en in die onsienlike. Jy word ʼn wyse leermeester, ʼn mentor, vertrooster en helper.

Daar is plek vir elkeen iewers, soms net nie waar ons dit soek nie.

 

 

 

 

Advertisements

2 thoughts on “Om in te val of nie

  1. Dit is net soos jy daar sê. Op verskillende tye van my lewe het ek verskillende goete nagejaag. As student was ek soos ‘n by om ‘n blom oor al die gewoel om my. As jong Moeder wou was ek diepkant met die skool Mammies aan die gang. Later het ek my begin afsonder en selektief my vriendinne beginner uitsoek en ek is snoep oor hoe ek my tyd deel met ander. Nou verkies ek die stoep se stilte en naggeluide. Familie word selfs te veel met tye 😳🙀 Sekerlik sal dit bly verander soos Vadertyd aanstap. Ek loer vir malkop fotos die ander dag en wonder wat het my besiel om so die aanvaarding van ander na te jaag….

    Liked by 1 person

    • Jy sal dalk vind dat jy jou lewe soos dit nou is vir niks sal verruil nie. Saam met volwassenheid kom gelukkig ook wysheid. Dis nie verkeerd om liewer groepe op te soek nie, maar dit pas nie almal nie. Dankie dat jy kommentaar lewer. Ek waardeer dit.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s