Oor die skrywer

Rachel 3 20140913_114541

Rachelle du Bois is in Modimole (eertydse Nylstroom) gebore en woon steeds in Suid-Afrika in Mpumalanga saam met haar gesin.

Sy het haar eerste boek op tienjarige ouderdom gelees en sy lees nog steeds gemiddeld een boek elke twee dae. (Ja, sy slaap en skryf ook soms!) Soos ʼn spons neem sy alles op en in, maar sy glo daar kom ʼn tyd in enige mens se lewe wat jy moet begin teruggee.

Sy het nog nooit soveel vreugde en pret gehad soos juis nou nie.

Sy gebruik die skrywersnaam Rachelle du Bois ter wille van haar kinders se pleidooie!

Sy skryf en voltooi haar eerste volledige liefdesnovelle in Augustus 2013, waarna sy sewentien ander boeke skryf in beide Afrikaans en Engels. Dit sluit twee fantasieverhale in. Twee van haar liefdesromans/novelles is komies van aard, vol guitigheid, stuitigheid, lag en pret. Die ander boeke is van ʼn meer ernstige aard en spreek werklike lewenskwessies aan.

Sy probeer haar verhale eerlik hou en sy skryf uit die hart oor die lewe, oor lief en leed, oor lag en huil. Haar karakters leef in hierdie eeu en beleef pyn en swaarkry, hulle lag en speel en het lief sonder skroom. Hulle vind romanse in elke faset van die lewe. Hulle oorleef omdat hulle kies om voluit te lewe. Haar doel is om bewustheid van die mens se innerlike krag te kweek, om haar lesers diep te laat delf op soek na die kern van die self, om opnuut die wonder van menswees en van die liefde te ontdek.

Sy deel allerlei interessante dinge oor haar werk, deel haar wysheid en insig, die wonder van die gedig.

Vir meer inligting oor haar Afrikaanse boeke, besoek https://rachelledubois.com/nuwe-boeke/

Gesels met haar per e-pos by racsmo2011@gmail.com

Volg haar op Twitter@RachelleRomance

Sluit aan by haar op Facebook

Hou van haar webblad en klik die regmerkie

Gee vir haar sterre (ja, een is ook reg, dan weet sy sy moet beter!) op Amazon.com.  Skryf ‘n resensie. Dis alle skrywers se begeerte om te hoor of lesers van hul boeke hou.

2 Comments

2 thoughts on “Oor die skrywer

  1. Ek het n geestelike boek geskryf. Dit is my eerste. Ek wil dit uitgee, maar eers wil ek vra of u my kan help. Ek is total nuut met die spel. Ek stel belang om die boek in ‘n e-boek te omskep. Sal u tyd kry om my die pad te wys. Ek wil graag meer skryf, maar het eers met ‘n kort boek begin. Sal bly wees indien u, u weg oopsien.

    Like

    • Hallo, Hilgard

      Ek kan jou help. Ek vra R250.00 om dit deur te lees. Daarna sal ek besluit of ek dit vir jou kan redigeer en proeflees. Dan sal ek vir jou ‘n kwotasie stuur wat sal afhang van die kwaliteit van die skryfwerk, die lengte van die boek (aantal woorde) en of ek dit ook vir jou moet omskakel in ‘n e-boek.

      Stuur jou manuskrip gerus per e-pos na racsmo2011@gmail.com as jy belangstel.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s