DIE VITA FAKTOR – Oud en Nuut

Die VITA FAKTOR verskyn tans op Amazon. com met ‘n splinternuwe baadjie. Thompsons Boekdrukkery gaan binnekort sluit en ek moes ‘n ander platvorm kry vanwaar ek die boek kon versprei. Dit is nog tot aan die einde van Julie 2016 by Thompsons Boekdrukkery te kry as beide sagteband en e-boek, mooi aangetrek in die eerste voorblad soos hieronder.

Die Vita Faktor - Voorblad-3

Die boek is hier beskikbaar:

Sagteband: http://thompsonboeke.com/index.php?id_product=68&controller=product

eBoek: http://thompsonboeke.com/index.php?id_product=69&controller=product

 

In die nuwe baadjie lyk DIE VITA FAKTOR so:

Die Vita Faktor

https://www.amazon.com/dp/B01FWLXH3S

Marcus de Virtus voer ʼn rustige bestaan as ʼn suksesvolle kunstenaar op die dorpie Duiwelspiek in die ooste van Mpumalanga. Op ‘n dag ry ʼn taxi hom raak in die straat voor sy ateljee. Wanneer hy sy bewussyn in die hospitaal herwin, ontdek hy tot sy skok en ontsteltenis dat hy oor die vermoë beskik om onsigbaar te raak. Nog vreemde dinge gebeur met hom.

Daar is ʼn misterieuse vrou by sy bed met opvallende oë wat net soos syne lyk. Amandelvormige viooltjieblou oë. Presies nes syne. Wie is hierdie vrou met haar goue hare en geheimsinnige optrede? Sy oorreed hom om saam met haar te gaan. Sy neem hom op ʼn reis wat sy lewe handomkeer verander.

Die Vita Faktor neem oor en Marcus bevind homself meteens in twee wêrelde. Hy is nie meer seker wie of wat hy is nie. Sy alleen kan die raaisel van die Vita Faktor ontsluit, en hy moet haar noodgedwonge volg om ’n verklaring te vind vir die skokkende en ontstellende gebeure wat sy lewe oorgeneem het.

Is hy van sy sinne beroof of is daar waarlik iets meer, iets buite hierdie oomblik, asemteug, plek en tyd?

Lesers se kommentaar:

Skryfster Evergreen Ek het jou eboek by Thompson Boeke baie geniet (Die Vita Faktor). Jy’s ‘n baie goeie skrywer. Hou aan met die goeie werk.

Louise Viljoen skryf:

Ek het onlangs Rachelle du Bois se heerlike debuut-fantasieverhaal, Die Vita Faktor, wat deur Thompson Boekdrukkery uitgegee word, gelees en baie geniet. Die skryfster se verbeelding ken geen perke nie en sy gaan so gemaklik met die genre om dat mens sou dink sy is ‘n ou hand as dit by die skryf van fantasie kom. Dis ‘n voorreg om ‘n fantasieverhaal in Afrikaans te kan lees en ek hoop die skryfster kry die ondersteuning én erkenning wat sy verdien. Ek glo sy gaan ‘n hele klomp aanhangers werf. Ek is ook verheug om te verneem dat Die Vita Faktor die eerste boek in ‘n reeks is. Ek gaan beslis op die uitkyk wees vir die daaropvolgende boeke ook.

Lizette Grové skryf:

Dis ‘n baie mooi boek. Anders, maar goed geskryf en maklik om te lees.

Sanet Rautenbach skryf:

Ek het die  boek baie geniet. Dis iets heeltemal anders en lekker om te lees.

Carien Smit sê:

Dit is nou oulik. Ek het te lekker gelees. Is daar nog?

 

Advertisements
Leave a comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s