Formule vir my Hart: Fynbos-reeks Boek 5

formule-vir-my-hart-1

Talia Brandt is ʼn sakevrou en eienaar van ʼn baie suksesvolle besigheid. Sy is onafhanklik, lewendig en bekkig. Sy het alles wat sy wil hê, behalwe een hartsbegeerte wat haar bly ontwyk. Hoe meer sy daarna gryp, hoe minder kan sy dit vasvat. Toe Charl Buys op ʼn dag vir haar ʼn moontlike geleentheid aanbied wat alles waaroor sy droom werklikheid kan maak, kan sy dit nie glo nie. Wat sit agter sy aanbod?

Charl werk met ʼn plan en as dinge uitwerk soos hy dit wil hê, gaan hy twee vlieë met een klap slaan. Die probleem is die pragtige Talia, want as sy vir haar eiewys hou, gaan al sy versigtige planne soos mis voor die son verdwyn.

Daar wag ʼn storm op die horison wat nie Talia of Charl sou kon voorsien nie. Die toets wat op hulle wag, gaan hulle tot die uiterste beproef. Sal hulle dit slaag of gaan hulle in die proses vernietig word?

Nou beskikbaar by :

( https://www.amazon.com/dp/B06WRQ17BJ )

Leave a comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s